Afrikaans Bible

GENESIS 24

GENESIS

Return to Index

Chapter 25

1


 

  En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketura.  

 

 

--

2


 

  En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag gebaar.  

 

 

--

3


 

  En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Lemmiete.  

 

 

--

4


 

  En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketura.  

 

 

--

5


 

  En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,  

 

 

--

6


 

  maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.  

 

 

--

7


 

  En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.  

 

 

--

8


 

  Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.  

 

 

--

9


 

  En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magp‚la, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,  

 

 

--

10


 

  die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.  

 

 

--

11


 

  N  die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Ro‹.  

 

 

--

12


 

  En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het --  

 

 

--

13


 

  dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, N‚bajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam  

 

 

--

14


 

  en Misma en Duma en Massa,  

 

 

--

15


 

  Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.  

 

 

--

16


 

  Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.  

 

 

--

17


 

  En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.  

 

 

--

18


 

  En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.  

 

 

--

19


 

  En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.  

 

 

--

20


 

  En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van B‚tuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.  

 

 

--

21


 

  En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.  

 

 

--

22


 

  En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.  

 

 

--

23


 

  En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.  

 

 

--

24


 

  En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.  

 

 

--

25


 

  En die eerste is gebore -- rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.  

 

 

--

26


 

  En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.  

 

 

--

27


 

  En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.  

 

 

--

28


 

  En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.  

 

 

--

29


 

  En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.  

 

 

--

30


 

  Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.  

 

 

--

31


 

  En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.  

 

 

--

32


 

  En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?  

 

 

--

33


 

  Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.  

 

 

--

34


 

  En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.  

 

 

--

GENESIS 26

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: