Afrikaans Bible

NUMERI 28

NUMERI

Return to Index

Chapter 29

1


 

  En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.  

 

 

--

2


 

  Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

3


 

  en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,  

 

 

--

4


 

  en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;  

 

 

--

5


 

  en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;  

 

 

--

6


 

  behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif -- tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.  

 

 

--

7


 

  En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; g‚‚n werk mag julle doen nie.  

 

 

--

8


 

  Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;  

 

 

--

9


 

  en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,  

 

 

--

10


 

  een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;  

 

 

--

11


 

  een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort -- en hulle drankoffers.  

 

 

--

12


 

  En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier.  

 

 

--

13


 

  En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;  

 

 

--

14


 

  en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,  

 

 

--

15


 

  en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;  

 

 

--

16


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

17


 

  Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

18


 

  en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

19


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.  

 

 

--

20


 

  En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

21


 

  en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

22


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

23


 

  Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

24


 

  hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

25


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

26


 

  En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

27


 

  en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

28


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

29


 

  Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

30


 

  en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

31


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

32


 

  En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

33


 

  en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;  

 

 

--

34


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

35


 

  Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; g‚‚n beroepswerk mag julle doen nie.  

 

 

--

36


 

  En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;  

 

 

--

37


 

  hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;  

 

 

--

38


 

  en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.  

 

 

--

39


 

  Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.  

 

 

--

40


 

  En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.  

 

 

--

NUMERI 30

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: