Afrikaans Bible

JOSHUA 15

JOSHUA

Return to Index

Chapter 16

1


 

  En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van J‚rigo af, oostelik van die waters van J‚rigo, na die woestyn wat van J‚rigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;  

 

 

--

2


 

  verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot;  

 

 

--

3


 

  dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.  

 

 

--

4


 

  So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, 'n erfdeel ontvang.  

 

 

--

5


 

  En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte -- die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;  

 

 

--

6


 

  dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: M¡gmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na T „nat-Silo en loop oos daarvan oor na Janoag;  

 

 

--

7


 

  en van Janoag loop dit af na Atarot en N harat en raak dan aan J‚rigo en loop op die Jordaan uit.  

 

 

--

8


 

  Van Tappuag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;  

 

 

--

9


 

  en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.  

 

 

--

10


 

  Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kana„niete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.  

 

 

--

JOSHUA 17

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: