Afrikaans Bible

RIGTERS 16

RIGTERS

Return to Index

Chapter 17

1


 

  Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.  

 

 

--

2


 

  Di‚ het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het -- hier is die geld by my, ‚k het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!  

 

 

--

3


 

  En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.  

 

 

--

4


 

  Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.  

 

 

--

5


 

  Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.  

 

 

--

6


 

  In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.  

 

 

--

7


 

  En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.  

 

 

--

8


 

  En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.  

 

 

--

9


 

  En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.  

 

 

--

10


 

  En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,  

 

 

--

11


 

  en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.  

 

 

--

12


 

  En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.  

 

 

--

13


 

  Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het.  

 

 

--

RIGTERS 18

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: