Afrikaans Bible

JOB 4

JOB

Return to Index

Chapter 5

1


 

  Roep maar -- is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?  

 

 

--

2


 

  Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.  

 

 

--

3


 

  Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.  

 

 

--

4


 

  Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.  

 

 

--

5


 

  Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.  

 

 

--

6


 

  Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.  

 

 

--

7


 

  Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.  

 

 

--

8


 

  Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,  

 

 

--

9


 

  aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;  

 

 

--

10


 

  wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;  

 

 

--

11


 

  om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.  

 

 

--

12


 

  Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;  

 

 

--

13


 

  wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.  

 

 

--

14


 

  Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.  

 

 

--

15


 

  So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.  

 

 

--

16


 

  So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.  

 

 

--

17


 

  Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.  

 

 

--

18


 

  Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.  

 

 

--

19


 

  In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.  

 

 

--

20


 

  In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.  

 

 

--

21


 

  As die tong g‚sel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.  

 

 

--

22


 

  Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.  

 

 

--

23


 

  Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.  

 

 

--

24


 

  En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.  

 

 

--

25


 

  Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.  

 

 

--

26


 

  Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.  

 

 

--

27


 

  Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.  

 

 

--

JOB 6

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: