Afrikaans Bible

JOB 6

JOB

Return to Index

Chapter 7

1


 

  Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?  

 

 

--

2


 

  Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,  

 

 

--

3


 

  so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.  

 

 

--

4


 

  As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe.  

 

 

--

5


 

  My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.  

 

 

--

6


 

  My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.  

 

 

--

7


 

  Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.  

 

 

--

8


 

  Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my -- en ek is daar nie!  

 

 

--

9


 

  Die wolk verdwyn en gaan heen -- so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.  

 

 

--

10


 

  Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.  

 

 

--

11


 

  So wil dan ook ‚k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.  

 

 

--

12


 

  Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?  

 

 

--

13


 

  As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,  

 

 

--

14


 

  dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,  

 

 

--

15


 

  sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.  

 

 

--

16


 

  Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.  

 

 

--

17


 

  Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?  

 

 

--

18


 

  En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?  

 

 

--

19


 

  Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?  

 

 

--

20


 

  As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?  

 

 

--

21


 

  En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.  

 

 

--

JOB 8

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: