Afrikaans Bible

JOB 7

JOB

Return to Index

Chapter 8

1


 

  Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?  

 

 

--

3


 

  Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?  

 

 

--

4


 

  As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.  

 

 

--

5


 

  As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,  

 

 

--

6


 

  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;  

 

 

--

7


 

  dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.  

 

 

--

8


 

  Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;  

 

 

--

9


 

     

 

 

--

10


 

  sal hulle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?  

 

 

--

11


 

  Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?  

 

 

--

12


 

  Nog is dit in sy volle groei -- sonder dat dit afgepluk word -- dan verdor dit voor al die ander gras.  

 

 

--

13


 

  So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;  

 

 

--

14


 

  sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.  

 

 

--

15


 

  Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.  

 

 

--

16


 

  Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.  

 

 

--

17


 

  Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.  

 

 

--

18


 

  As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.  

 

 

--

19


 

  Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!  

 

 

--

20


 

  Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.  

 

 

--

21


 

  Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,  

 

 

--

22


 

  sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose -- weg is dit!  

 

 

--

JOB 9

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: