Afrikaans Bible

JOB 9

JOB

Return to Index

Chapter 10

1


 

  Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.  

 

 

--

2


 

  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.  

 

 

--

3


 

  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?  

 

 

--

4


 

  Het U vleeslike oë? Of sien U soos 'n mens sien?  

 

 

--

5


 

  Is u dae soos die dae van 'n mens, of u jare soos die dae van 'n man?  

 

 

--

6


 

  dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,  

 

 

--

7


 

  ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?  

 

 

--

8


 

  U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!  

 

 

--

9


 

  Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?  

 

 

--

10


 

  Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?  

 

 

--

11


 

  Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.  

 

 

--

12


 

  Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.  

 

 

--

13


 

  Maar daarby het U d¡t verberg in u hart, ek weet dat d¡t u toeleg was:  

 

 

--

14


 

  As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.  

 

 

--

15


 

  Was ek skuldig -- wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.  

 

 

--

16


 

  En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos 'n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.  

 

 

--

17


 

  U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder -- altyd nuwe leërafdelings teen my!  

 

 

--

18


 

  Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat 'n oog my gesien het.  

 

 

--

19


 

  Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.  

 

 

--

20


 

  Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek 'n bietjie vrolik kan wees,  

 

 

--

21


 

  voordat ek heengaan -- en nie terugkom nie -- na die land van duisternis en doodskaduwee,  

 

 

--

22


 

  'n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee 'n skynsel -- soos middernag!  

 

 

--

JOB 11

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: