Afrikaans Bible

JOB 11

JOB

Return to Index

Chapter 12

1


 

  Maar Job het geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!  

 

 

--

3


 

  Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?  

 

 

--

4


 

  Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte!  

 

 

--

5


 

  Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.  

 

 

--

6


 

  Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.  

 

 

--

7


 

  Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;  

 

 

--

8


 

  of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.  

 

 

--

9


 

  Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?  

 

 

--

10


 

  In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.  

 

 

--

11


 

  Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?  

 

 

--

12


 

  By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.  

 

 

--

13


 

  By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.  

 

 

--

14


 

  Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.  

 

 

--

15


 

  Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.  

 

 

--

16


 

  By Hom is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.  

 

 

--

17


 

  Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.  

 

 

--

18


 

  Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.  

 

 

--

19


 

  Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.  

 

 

--

20


 

  Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.  

 

 

--

21


 

  Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.  

 

 

--

22


 

  Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.  

 

 

--

23


 

  Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.  

 

 

--

24


 

  Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.  

 

 

--

25


 

  Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.  

 

 

--

JOB 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: