Afrikaans Bible

JOB 15

JOB

Return to Index

Chapter 16

1


 

  Maar Job het geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.  

 

 

--

3


 

  Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?  

 

 

--

4


 

  Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;  

 

 

--

5


 

  ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!  

 

 

--

6


 

  As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou -- watter verligting bring dit my?  

 

 

--

7


 

  Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.  

 

 

--

8


 

  En U het my gegryp -- 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.  

 

 

--

9


 

  Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.  

 

 

--

10


 

  Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.  

 

 

--

11


 

  God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.  

 

 

--

12


 

  Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.  

 

 

--

13


 

  Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.  

 

 

--

14


 

  Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.  

 

 

--

15


 

  'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.  

 

 

--

16


 

  My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;  

 

 

--

17


 

  alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.  

 

 

--

18


 

  o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.  

 

 

--

19


 

  Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.  

 

 

--

20


 

  My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God --  

 

 

--

21


 

  dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.  

 

 

--

22


 

  Want maar min jare kom -- dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.  

 

 

--

JOB 17

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: