Afrikaans Bible

JOB 19

JOB

Return to Index

Chapter 20

1


 

  Toe het Sofar, die Na„matiet, geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.  

 

 

--

3


 

  'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.  

 

 

--

4


 

  Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:  

 

 

--

5


 

  dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?  

 

 

--

6


 

  Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke --  

 

 

--

7


 

  soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?  

 

 

--

8


 

  Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.  

 

 

--

9


 

  Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.  

 

 

--

10


 

  Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.  

 

 

--

11


 

  Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.  

 

 

--

12


 

  Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,  

 

 

--

13


 

  al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte --  

 

 

--

14


 

  tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.  

 

 

--

15


 

  Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.  

 

 

--

16


 

  Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.  

 

 

--

17


 

  Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.  

 

 

--

18


 

  Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.  

 

 

--

19


 

  Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.  

 

 

--

20


 

  Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.  

 

 

--

21


 

  Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.  

 

 

--

22


 

  By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.  

 

 

--

23


 

  Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.  

 

 

--

24


 

  Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor.  

 

 

--

25


 

  Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!  

 

 

--

26


 

  Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.  

 

 

--

27


 

  Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.  

 

 

--

28


 

  Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.  

 

 

--

29


 

  Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.  

 

 

--

JOB 21

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: