Afrikaans Bible

JOB 20

JOB

Return to Index

Chapter 21

1


 

  Maar Job het geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.  

 

 

--

3


 

  Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.  

 

 

--

4


 

  Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?  

 

 

--

5


 

  Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.  

 

 

--

6


 

  Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.  

 

 

--

7


 

  Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?  

 

 

--

8


 

  Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.  

 

 

--

9


 

  Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.  

 

 

--

10


 

  Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.  

 

 

--

11


 

  Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.  

 

 

--

12


 

  Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.  

 

 

--

13


 

  In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.  

 

 

--

14


 

  Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.  

 

 

--

15


 

  Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?  

 

 

--

16


 

     

 

 

--

17


 

  Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,  

 

 

--

18


 

  word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?  

 

 

--

19


 

  Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!  

 

 

--

20


 

  Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en s‚lf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.  

 

 

--

21


 

  Want wat gee hy om sy huis n  hom as die getal van sy maande afgesny is?  

 

 

--

22


 

  Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?  

 

 

--

23


 

  Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.  

 

 

--

24


 

  Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.  

 

 

--

25


 

  Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.  

 

 

--

26


 

  Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.  

 

 

--

27


 

  Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.  

 

 

--

28


 

  As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose --  

 

 

--

29


 

  het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!:  

 

 

--

30


 

  dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?  

 

 

--

31


 

  Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld?  

 

 

--

32


 

  Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.  

 

 

--

33


 

  Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.  

 

 

--

34


 

  Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor!  

 

 

--

JOB 22

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: