Afrikaans Bible

JOB 21

JOB

Return to Index

Chapter 22

1


 

  Toe het lifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.  

 

 

--

3


 

  Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?  

 

 

--

4


 

  Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?  

 

 

--

5


 

  Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?  

 

 

--

6


 

  Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.  

 

 

--

7


 

  Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.  

 

 

--

8


 

  Maar aan die man van geweld -- aan hom behoort die land; en die aansienlike -- hy moet daarin woon!  

 

 

--

9


 

  Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.  

 

 

--

10


 

  Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.  

 

 

--

11


 

  Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?  

 

 

--

12


 

  Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.  

 

 

--

13


 

  Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?  

 

 

--

14


 

  Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.  

 

 

--

15


 

  Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,  

 

 

--

16


 

  wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,  

 

 

--

17


 

  wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?  

 

 

--

18


 

  En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!  

 

 

--

19


 

  Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:  

 

 

--

20


 

  Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.  

 

 

--

21


 

  Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.  

 

 

--

22


 

  Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.  

 

 

--

23


 

  As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.  

 

 

--

24


 

  En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.  

 

 

--

25


 

  Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.  

 

 

--

26


 

  Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.  

 

 

--

27


 

  Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.  

 

 

--

28


 

  Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.  

 

 

--

29


 

  As die afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.  

 

 

--

30


 

  Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.  

 

 

--

JOB 23

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: