Afrikaans Bible

JOB 29

JOB

Return to Index

Chapter 30

1


 

  En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit -- mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.  

 

 

--

2


 

  Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.  

 

 

--

3


 

  Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;  

 

 

--

4


 

  hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.  

 

 

--

5


 

  Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.  

 

 

--

6


 

  In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.  

 

 

--

7


 

  Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar --  

 

 

--

8


 

  dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.  

 

 

--

9


 

  En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.  

 

 

--

10


 

  Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.  

 

 

--

11


 

  Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.  

 

 

--

12


 

  Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.  

 

 

--

13


 

  My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.  

 

 

--

14


 

  Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.  

 

 

--

15


 

  Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.  

 

 

--

16


 

  Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.  

 

 

--

17


 

  Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.  

 

 

--

18


 

  Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.  

 

 

--

19


 

  Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.  

 

 

--

20


 

  Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.  

 

 

--

21


 

  U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.  

 

 

--

22


 

  U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.  

 

 

--

23


 

  Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.  

 

 

--

24


 

  Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om die rede om hulp roep nie?  

 

 

--

25


 

  Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?  

 

 

--

26


 

  Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.  

 

 

--

27


 

  My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.  

 

 

--

28


 

  Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.  

 

 

--

29


 

  Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.  

 

 

--

30


 

  My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.  

 

 

--

31


 

  So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.  

 

 

--

JOB 31

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: