Afrikaans Bible

JOB 35

JOB

Return to Index

Chapter 36

1


 

  En El¡hu het voortgegaan en gesê:  

 

 

--

2


 

  Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.  

 

 

--

3


 

  Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.  

 

 

--

4


 

  Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.  

 

 

--

5


 

  Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie -- geweldig deur krag van verstand.  

 

 

--

6


 

  Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.  

 

 

--

7


 

  Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.  

 

 

--

8


 

  Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,  

 

 

--

9


 

  dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;  

 

 

--

10


 

  dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.  

 

 

--

11


 

  As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.  

 

 

--

12


 

  Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.  

 

 

--

13


 

  Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.  

 

 

--

14


 

  So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos die van skandseuns.  

 

 

--

15


 

  Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.  

 

 

--

16


 

  So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.  

 

 

--

17


 

  Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.  

 

 

--

18


 

  Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.  

 

 

--

19


 

  Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?  

 

 

--

20


 

  Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.  

 

 

--

21


 

  Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.  

 

 

--

22


 

  Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?  

 

 

--

23


 

  Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?  

 

 

--

24


 

  Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.  

 

 

--

25


 

  Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.  

 

 

--

26


 

  Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.  

 

 

--

27


 

  Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën  

 

 

--

28


 

  wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.  

 

 

--

29


 

  Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?  

 

 

--

30


 

  Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.  

 

 

--

31


 

  Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.  

 

 

--

32


 

  Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.  

 

 

--

33


 

  Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.  

 

 

--

JOB 37

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: