Afrikaans Bible

JOB 37

JOB

Return to Index

Chapter 38

1


 

  Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?  

 

 

--

3


 

  Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.  

 

 

--

4


 

  Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.  

 

 

--

5


 

  Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?  

 

 

--

6


 

  Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?  

 

 

--

7


 

  Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?  

 

 

--

8


 

  En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?  

 

 

--

9


 

  Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.  

 

 

--

10


 

  Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;  

 

 

--

11


 

  en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.  

 

 

--

12


 

  Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,  

 

 

--

13


 

  om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?  

 

 

--

14


 

  Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.  

 

 

--

15


 

  En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.  

 

 

--

16


 

  Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?  

 

 

--

17


 

  Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?  

 

 

--

18


 

  Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.  

 

 

--

19


 

  Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis -- waar is tog sy plek,  

 

 

--

20


 

  sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?  

 

 

--

21


 

  Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!  

 

 

--

22


 

  Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,  

 

 

--

23


 

  wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?  

 

 

--

24


 

  Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?  

 

 

--

25


 

  Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;  

 

 

--

26


 

  om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;  

 

 

--

27


 

  om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?  

 

 

--

28


 

  Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?  

 

 

--

29


 

  Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel -- wie baar dit?  

 

 

--

30


 

  Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.  

 

 

--

31


 

  Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Or¡on losmaak?  

 

 

--

32


 

  Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?  

 

 

--

33


 

  Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?  

 

 

--

34


 

  Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?  

 

 

--

35


 

  Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!  

 

 

--

36


 

  Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?  

 

 

--

37


 

  Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel -- wie giet hulle leeg  

 

 

--

38


 

  wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?  

 

 

--

39


 

     

 

 

--

40


 

     

 

 

--

41


 

     

 

 

--

JOB 39

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: