Afrikaans Bible

JOB 38

JOB

Return to Index

Chapter 39

1


 

  Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak  

 

 

--

2


 

  as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?  

 

 

--

3


 

  Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?  

 

 

--

4


 

  Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?  

 

 

--

5


 

  Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?  

 

 

--

6


 

  Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort -- weg is hulle weë!  

 

 

--

7


 

  Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.  

 

 

--

8


 

  Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?  

 

 

--

9


 

  Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.  

 

 

--

10


 

  Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.  

 

 

--

11


 

  Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.  

 

 

--

12


 

  Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?  

 

 

--

13


 

  Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?  

 

 

--

14


 

  Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?  

 

 

--

15


 

  Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?  

 

 

--

16


 

  Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?  

 

 

--

17


 

  Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;  

 

 

--

18


 

  en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.  

 

 

--

19


 

  Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs -- sy is nie bekommerd nie.  

 

 

--

20


 

  Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.  

 

 

--

21


 

  Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.  

 

 

--

22


 

  Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?  

 

 

--

23


 

  Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.  

 

 

--

24


 

  Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.  

 

 

--

25


 

  Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.  

 

 

--

26


 

  Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.  

 

 

--

27


 

  Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.  

 

 

--

28


 

  By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.  

 

 

--

29


 

  Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?  

 

 

--

30


 

  Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? [ (Job 39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. ] [ (Job 39:32) Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. ] [ (Job 39:33) Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. ] [ (Job 39:34) En die HERE het Job geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:35) Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! ] [ (Job 39:36) Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:37) Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. ] [ (Job 39:38) Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. ]  

 

 

--

JOB 40

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: