Afrikaans Bible

JOB 39

JOB

Return to Index

Chapter 40

1


 

  En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:  

 

 

--

2


 

  Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.  

 

 

--

3


 

  Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?  

 

 

--

4


 

  Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?  

 

 

--

5


 

  Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!  

 

 

--

6


 

  Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.  

 

 

--

7


 

  Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.  

 

 

--

8


 

  Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.  

 

 

--

9


 

  Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.  

 

 

--

10


 

  Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.  

 

 

--

11


 

  Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.  

 

 

--

12


 

  Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.  

 

 

--

13


 

  Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.  

 

 

--

14


 

  Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.  

 

 

--

15


 

  Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.  

 

 

--

16


 

  Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.  

 

 

--

17


 

  Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.  

 

 

--

18


 

  As die rivier swel -- hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.  

 

 

--

19


 

  Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?  

 

 

--

20


 

  Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?  

 

 

--

21


 

  Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?  

 

 

--

22


 

  Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?  

 

 

--

23


 

  Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?  

 

 

--

24


 

  Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? [ (Job 40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? ] [ (Job 40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? ] [ (Job 40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. ] [ (Job 40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? ]  

 

 

--

JOB 41

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: