Afrikaans Bible

PSALMS 8

PSALMS

Return to Index

Chapter 9

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.  

 

 

--

2


 

  Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.  

 

 

--

3


 

  In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,  

 

 

--

4


 

  omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.  

 

 

--

5


 

  Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!  

 

 

--

6


 

  U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.  

 

 

--

7


 

  Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, die het vergaan.  

 

 

--

8


 

  Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.  

 

 

--

9


 

  En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.  

 

 

--

10


 

  So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.  

 

 

--

11


 

  En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!  

 

 

--

12


 

  Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.  

 

 

--

13


 

  Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.  

 

 

--

14


 

  Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;  

 

 

--

15


 

  sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.  

 

 

--

16


 

  Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.  

 

 

--

17


 

  Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.  

 

 

--

18


 

  Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.  

 

 

--

19


 

  Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.  

 

 

--

20


 

  Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word! [ (Psalms 9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela. ]  

 

 

--

PSALMS 10

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: