Afrikaans Bible

PSALMS 9

PSALMS

Return to Index

Chapter 10

1


 

  o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?  

 

 

--

2


 

  In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!  

 

 

--

3


 

  Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.  

 

 

--

4


 

  Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie -- dit is al sy gedagtes!  

 

 

--

5


 

  Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders -- hy blaas op hulle.  

 

 

--

6


 

  Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.  

 

 

--

7


 

  Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.  

 

 

--

8


 

  Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.  

 

 

--

9


 

  Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;  

 

 

--

10


 

  en verbryseld sink die terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.  

 

 

--

11


 

  Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.  

 

 

--

12


 

  Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!  

 

 

--

13


 

  Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?  

 

 

--

14


 

  U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.  

 

 

--

15


 

  Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!  

 

 

--

16


 

  Die HERE is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.  

 

 

--

17


 

  HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister  

 

 

--

18


 

  om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.  

 

 

--

PSALMS 11

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: