Afrikaans Bible

PSALMS 16

PSALMS

Return to Index

Chapter 17

1


 

  HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.  

 

 

--

2


 

  Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.  

 

 

--

3


 

  U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.  

 

 

--

4


 

  Aangaande die handelinge van die mens, ‚k het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.  

 

 

--

5


 

  My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.  

 

 

--

6


 

  Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!  

 

 

--

7


 

  Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!  

 

 

--

8


 

  Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels  

 

 

--

9


 

  teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.  

 

 

--

10


 

  Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.  

 

 

--

11


 

  Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.  

 

 

--

12


 

  Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.  

 

 

--

13


 

  Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;  

 

 

--

14


 

  met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.  

 

 

--

15


 

  Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.  

 

 

--

PSALMS 18

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: