Afrikaans Bible

PSALMS 21

PSALMS

Return to Index

Chapter 22

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid.  

 

 

--

2


 

  My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?  

 

 

--

3


 

  My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.  

 

 

--

4


 

  Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!  

 

 

--

5


 

  Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.  

 

 

--

6


 

  Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.  

 

 

--

7


 

  Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.  

 

 

--

8


 

  Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:  

 

 

--

9


 

  Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!  

 

 

--

10


 

  Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.  

 

 

--

11


 

  Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.  

 

 

--

12


 

  Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.  

 

 

--

13


 

  Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.  

 

 

--

14


 

  Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.  

 

 

--

15


 

  Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.  

 

 

--

16


 

  My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.  

 

 

--

17


 

  Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.  

 

 

--

18


 

  Al my beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!  

 

 

--

19


 

  Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.  

 

 

--

20


 

  Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!  

 

 

--

21


 

  Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.  

 

 

--

22


 

  Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!  

 

 

--

23


 

  Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.  

 

 

--

24


 

  Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!  

 

 

--

25


 

  Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe die Hom aangeroep het om hulp.  

 

 

--

26


 

  Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.  

 

 

--

27


 

  Die ootmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!  

 

 

--

28


 

  Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.  

 

 

--

29


 

  Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.  

 

 

--

30


 

  Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.  

 

 

--

31


 

  'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag. [ (Psalms 22:32) Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen. ]  

 

 

--

PSALMS 23

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: