Afrikaans Bible

PSALMS 30

PSALMS

Return to Index

Chapter 31

1


 

  Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.  

 

 

--

2


 

  By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.  

 

 

--

3


 

  Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.  

 

 

--

4


 

  Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.  

 

 

--

5


 

  U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.  

 

 

--

6


 

  In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.  

 

 

--

7


 

  Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ‚k vertrou op die HERE.  

 

 

--

8


 

  Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het  

 

 

--

9


 

  en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.  

 

 

--

10


 

  Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.  

 

 

--

11


 

  Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.  

 

 

--

12


 

  Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.  

 

 

--

13


 

  Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.  

 

 

--

14


 

  Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.  

 

 

--

15


 

  Maar ‚k vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.  

 

 

--

16


 

  My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.  

 

 

--

17


 

  Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.  

 

 

--

18


 

  HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!  

 

 

--

19


 

  Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.  

 

 

--

20


 

  o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!  

 

 

--

21


 

  U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.  

 

 

--

22


 

  Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.  

 

 

--

23


 

  Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.  

 

 

--

24


 

  Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. [ (Psalms 31:25) Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! ]  

 

 

--

PSALMS 32

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: