Afrikaans Bible

PSALMS 32

PSALMS

Return to Index

Chapter 33

1


 

  o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.  

 

 

--

2


 

  Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.  

 

 

--

3


 

  Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.  

 

 

--

4


 

  Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.  

 

 

--

5


 

  Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.  

 

 

--

6


 

  Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.  

 

 

--

7


 

  Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.  

 

 

--

8


 

  Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;  

 

 

--

9


 

  want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.  

 

 

--

10


 

  Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.  

 

 

--

11


 

  Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.  

 

 

--

12


 

  Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.  

 

 

--

13


 

  Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.  

 

 

--

14


 

  Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,  

 

 

--

15


 

  Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.  

 

 

--

16


 

  'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.  

 

 

--

17


 

  Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.  

 

 

--

18


 

  Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;  

 

 

--

19


 

  om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.  

 

 

--

20


 

  Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;  

 

 

--

21


 

  want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.  

 

 

--

22


 

  Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!  

 

 

--

PSALMS 34

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: