Afrikaans Bible

PSALMS 40

PSALMS

Return to Index

Chapter 41

1


 

  Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.  

 

 

--

2


 

  Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.  

 

 

--

3


 

  Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.  

 

 

--

4


 

  Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.  

 

 

--

5


 

  k het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.  

 

 

--

6


 

  My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?  

 

 

--

7


 

  En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.  

 

 

--

8


 

  Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:  

 

 

--

9


 

  Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.  

 

 

--

10


 

  Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.  

 

 

--

11


 

  Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!  

 

 

--

12


 

  Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.  

 

 

--

13


 

  My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid. [ (Psalms 41:14) Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen. ]  

 

 

--

PSALMS 42

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: