Afrikaans Bible

PSALMS 43

PSALMS

Return to Index

Chapter 44

1


 

  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.  

 

 

--

2


 

  o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.  

 

 

--

3


 

  U self het met u hand nasies verdrywe, maar hulle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.  

 

 

--

4


 

  Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.  

 

 

--

5


 

  U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.  

 

 

--

6


 

  Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.  

 

 

--

7


 

  Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;  

 

 

--

8


 

  maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.  

 

 

--

9


 

  In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.  

 

 

--

10


 

  En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.  

 

 

--

11


 

  U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.  

 

 

--

12


 

  U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.  

 

 

--

13


 

  U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.  

 

 

--

14


 

  U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.  

 

 

--

15


 

  U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.  

 

 

--

16


 

  My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;  

 

 

--

17


 

  weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.  

 

 

--

18


 

  Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.  

 

 

--

19


 

  Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,  

 

 

--

20


 

  alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.  

 

 

--

21


 

  As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god --  

 

 

--

22


 

  sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.  

 

 

--

23


 

  Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.  

 

 

--

24


 

  Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!  

 

 

--

25


 

  Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?  

 

 

--

26


 

  Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde. [ (Psalms 44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil! ]  

 

 

--

PSALMS 45

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: