Afrikaans Bible

PSALMS 48

PSALMS

Return to Index

Chapter 49

1


 

  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.  

 

 

--

2


 

  Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,  

 

 

--

3


 

  geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!  

 

 

--

4


 

  My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.  

 

 

--

5


 

  Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.  

 

 

--

6


 

  Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring --  

 

 

--

7


 

  die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?  

 

 

--

8


 

  Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie  

 

 

--

9


 

     

 

 

--

10


 

  dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.  

 

 

--

11


 

  Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.  

 

 

--

12


 

  Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.  

 

 

--

13


 

  Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.  

 

 

--

14


 

  Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.  

 

 

--

15


 

  Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre ; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.  

 

 

--

16


 

  Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.  

 

 

--

17


 

  Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;  

 

 

--

18


 

  want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.  

 

 

--

19


 

  Al ag hy homself gelukkig in sy lewe -- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen --  

 

 

--

20


 

  tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. [ (Psalms 49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan. ]  

 

 

--

PSALMS 50

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: