Afrikaans Bible

PSALMS 54

PSALMS

Return to Index

Chapter 55

1


 

  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.  

 

 

--

2


 

  o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.  

 

 

--

3


 

  Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,  

 

 

--

4


 

  weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.  

 

 

--

5


 

  My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.  

 

 

--

6


 

  Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.  

 

 

--

7


 

  Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!  

 

 

--

8


 

  Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.  

 

 

--

9


 

  Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.  

 

 

--

10


 

  Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.  

 

 

--

11


 

  Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.  

 

 

--

12


 

  Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.  

 

 

--

13


 

  Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;  

 

 

--

14


 

  maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!  

 

 

--

15


 

  Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.  

 

 

--

16


 

  Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.  

 

 

--

17


 

  Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.  

 

 

--

18


 

  Saans en smôre ns en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.  

 

 

--

19


 

  Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.  

 

 

--

20


 

  God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.  

 

 

--

21


 

  Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.  

 

 

--

22


 

  Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.  

 

 

--

23


 

  Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. [ (Psalms 55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ‚k vertrou op U. ]  

 

 

--

PSALMS 56

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: