Afrikaans Bible

PSALMS 67

PSALMS

Return to Index

Chapter 68

1


 

  Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.  

 

 

--

2


 

  God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!  

 

 

--

3


 

  Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.  

 

 

--

4


 

  Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.  

 

 

--

5


 

  Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!  

 

 

--

6


 

  'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.  

 

 

--

7


 

  God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.  

 

 

--

8


 

  o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,  

 

 

--

9


 

  het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!  

 

 

--

10


 

  Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.  

 

 

--

11


 

  U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!  

 

 

--

12


 

  Die Here het die woord laat hoor -- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:  

 

 

--

13


 

  Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.  

 

 

--

14


 

  As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.  

 

 

--

15


 

  Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.  

 

 

--

16


 

  'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.  

 

 

--

17


 

  Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.  

 

 

--

18


 

  Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.  

 

 

--

19


 

  U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!  

 

 

--

20


 

  Geloofd sy die Here! Dag n  dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.  

 

 

--

21


 

  God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.  

 

 

--

22


 

  Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.  

 

 

--

23


 

  Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;  

 

 

--

24


 

  sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.  

 

 

--

25


 

  o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.  

 

 

--

26


 

  Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.  

 

 

--

27


 

  Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!  

 

 

--

28


 

  Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda -- hulle menigte; die vorste van S‚bulon, die vorste van N ftali.  

 

 

--

29


 

  Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!  

 

 

--

30


 

  Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.  

 

 

--

31


 

  Dreig die wilde gedierte van die riet -- die trop stiere saam met die kalwers van die volke -- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.  

 

 

--

32


 

  Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.  

 

 

--

33


 

  o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.  

 

 

--

34


 

  Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.  

 

 

--

35


 

  Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. [ (Psalms 68:36) Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel -- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God! ]  

 

 

--

PSALMS 69

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: