Afrikaans Bible

PSALMS 70

PSALMS

Return to Index

Chapter 71

1


 

  By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!  

 

 

--

2


 

  Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!  

 

 

--

3


 

  Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.  

 

 

--

4


 

  My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.  

 

 

--

5


 

  Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.  

 

 

--

6


 

  Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.  

 

 

--

7


 

  Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.  

 

 

--

8


 

  My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.  

 

 

--

9


 

  Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.  

 

 

--

10


 

  Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad  

 

 

--

11


 

  en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!  

 

 

--

12


 

  o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!  

 

 

--

13


 

  Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.  

 

 

--

14


 

  Maar ‚k sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.  

 

 

--

15


 

  My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.  

 

 

--

16


 

  Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, die van U alleen.  

 

 

--

17


 

  o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.  

 

 

--

18


 

  En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.  

 

 

--

19


 

  Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?  

 

 

--

20


 

  U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.  

 

 

--

21


 

  Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.  

 

 

--

22


 

  So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!  

 

 

--

23


 

  My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.  

 

 

--

24


 

  Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.  

 

 

--

PSALMS 72

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: