Afrikaans Bible

PSALMS 72

PSALMS

Return to Index

Chapter 73

1


 

  'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.  

 

 

--

2


 

  Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.  

 

 

--

3


 

  Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.  

 

 

--

4


 

  Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.  

 

 

--

5


 

  In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.  

 

 

--

6


 

  Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad.  

 

 

--

7


 

  Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.  

 

 

--

8


 

  Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.  

 

 

--

9


 

  Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.  

 

 

--

10


 

  Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.  

 

 

--

11


 

  En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?  

 

 

--

12


 

  Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!  

 

 

--

13


 

  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.  

 

 

--

14


 

  Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre .  

 

 

--

15


 

  As ek gesê het: Ek wil ook so spreek -- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!  

 

 

--

16


 

  Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,  

 

 

--

17


 

  totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.  

 

 

--

18


 

  Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.  

 

 

--

19


 

  Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!  

 

 

--

20


 

  Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!  

 

 

--

21


 

  Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,  

 

 

--

22


 

  toe was ‚k dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U.  

 

 

--

23


 

  Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.  

 

 

--

24


 

  U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.  

 

 

--

25


 

  Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.  

 

 

--

26


 

  Al beswyk my vlees en my hart -- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.  

 

 

--

27


 

  Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.  

 

 

--

28


 

  Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.  

 

 

--

PSALMS 74

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: