Afrikaans Bible

PSALMS 77

PSALMS

Return to Index

Chapter 78

1


 

  'n Onderwysing van Asaf. My volk, luister na my onderrig; neig julle oor tot die woorde van my mond.  

 

 

--

2


 

  Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.  

 

 

--

3


 

  Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,  

 

 

--

4


 

  sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.  

 

 

--

5


 

  Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het -- om dit aan hulle kinders bekend te maak,  

 

 

--

6


 

  sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders,  

 

 

--

7


 

  en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar,  

 

 

--

8


 

  en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie.  

 

 

--

9


 

  Die kinders van Efraim, gewapende boogskutters, het omgespring op die dag van oorlog.  

 

 

--

10


 

  Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te wandel in sy wet.  

 

 

--

11


 

  En hulle het sy dade vergeet en sy wonders wat Hy hulle laat sien het.  

 

 

--

12


 

  Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.  

 

 

--

13


 

  Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos 'n wal.  

 

 

--

14


 

  En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.  

 

 

--

15


 

  Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.  

 

 

--

16


 

  En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.  

 

 

--

17


 

  Nog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, om wederstrewig te wees teen die Allerhoogste in die dor land.  

 

 

--

18


 

  En hulle het God versoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin.  

 

 

--

19


 

  En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God 'n tafel kan dek in die woestyn?  

 

 

--

20


 

  Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het -- sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?  

 

 

--

21


 

  Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;  

 

 

--

22


 

  omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.  

 

 

--

23


 

  En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;  

 

 

--

24


 

  en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.  

 

 

--

25


 

  Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.  

 

 

--

26


 

  Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;  

 

 

--

27


 

  en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;  

 

 

--

28


 

  en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.  

 

 

--

29


 

  Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.  

 

 

--

30


 

  Hulle was nie weg van hul begeerte nie -- hulle voedsel was nog in hulle mond --  

 

 

--

31


 

  toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy 'n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.  

 

 

--

32


 

  Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.  

 

 

--

33


 

  So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.  

 

 

--

34


 

  Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;  

 

 

--

35


 

  en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.  

 

 

--

36


 

  En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;  

 

 

--

37


 

  maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.  

 

 

--

38


 

  Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.  

 

 

--

39


 

  En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.  

 

 

--

40


 

  Hoe dikwels was hulle wederstrewig teen Hom in die woestyn, het hulle Hom gegrief in die wildernis;  

 

 

--

41


 

  en hulle het God opnuut versoek en die Heilige van Israel gekrenk.  

 

 

--

42


 

  Hulle het nie aan sy hand gedink, aan die dag toe Hy hulle van die teëstander verlos het nie;  

 

 

--

43


 

  toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.  

 

 

--

44


 

  En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.  

 

 

--

45


 

  Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.  

 

 

--

46


 

  En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hulle werk aan die treksprinkaan.  

 

 

--

47


 

  Hy het hulle wingerdstok deur die hael doodgemaak en hulle wildevyeboom deur ryp.  

 

 

--

48


 

  Ook het Hy hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee aan die blitse.  

 

 

--

49


 

  Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, 'n uitsending van ongeluksbodes.  

 

 

--

50


 

  Hy het 'n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.  

 

 

--

51


 

  En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.  

 

 

--

52


 

  Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.  

 

 

--

53


 

  Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.  

 

 

--

54


 

  En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.  

 

 

--

55


 

  En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en die aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in hulle tente laat woon.  

 

 

--

56


 

  Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.  

 

 

--

57


 

  En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos 'n bedrieglike boog.  

 

 

--

58


 

  En hulle het Hom geterg deur hul hoogtes en deur hul gesnede beelde sy jaloersheid gewek.  

 

 

--

59


 

  God het dit gehoor en toornig geword, en Hy het Israel heeltemal verwerp.  

 

 

--

60


 

  En Hy het die tabernakel in Silo prysgegee, die tent wat Hy opgeslaan het onder die mense.  

 

 

--

61


 

  En Hy het sy sterkte oorgegee in gevangenskap en sy heerlikheid in die hand van die teëstander.  

 

 

--

62


 

  En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.  

 

 

--

63


 

  Die vuur het hulle jongmanne verteer, en hulle jongedogters is nie geprys nie.  

 

 

--

64


 

  Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.  

 

 

--

65


 

  Toe het die Here wakker geword soos een wat slaap, soos 'n held wat oorweldig is deur die wyn;  

 

 

--

66


 

  en Hy het sy teëstanders van agter geslaan, Hy het hulle 'n ewige smaadheid aangedoen.  

 

 

--

67


 

  En Hy het die tent van Josef verwerp, en die stam van Efraim het Hy nie uitverkies nie,  

 

 

--

68


 

  maar die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet.  

 

 

--

69


 

  En Hy het sy heiligdom soos hemelhoogtes gebou, soos die aarde wat Hy vir ewig gegrondves het.  

 

 

--

70


 

  En Hy het sy kneg Dawid uitverkies en hom van die skaapkrale af geneem.  

 

 

--

71


 

  Agter die lammerooie het Hy hom gaan weghaal, om Jakob, sy volk, op te pas en Israel, sy erfdeel.  

 

 

--

72


 

  En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.  

 

 

--

PSALMS 79

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: