Afrikaans Bible

PSALMS 79

PSALMS

Return to Index

Chapter 80

1


 

  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.  

 

 

--

2


 

  o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die g‚rubs troon, verskyn in ligglans!  

 

 

--

3


 

  Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!  

 

 

--

4


 

  o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!  

 

 

--

5


 

  o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?  

 

 

--

6


 

  U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.  

 

 

--

7


 

  U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.  

 

 

--

8


 

  o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!  

 

 

--

9


 

  'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.  

 

 

--

10


 

  U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.  

 

 

--

11


 

  Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.  

 

 

--

12


 

  Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.  

 

 

--

13


 

  Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?  

 

 

--

14


 

  Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.  

 

 

--

15


 

  o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;  

 

 

--

16


 

  en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.  

 

 

--

17


 

  Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.  

 

 

--

18


 

  Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.  

 

 

--

19


 

  Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep. [ (Psalms 80:20) o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! ]  

 

 

--

PSALMS 81

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: