Afrikaans Bible

PSALMS 80

PSALMS

Return to Index

Chapter 81

1


 

  Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.  

 

 

--

2


 

     

 

 

--

3


 

  Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.  

 

 

--

4


 

  Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.  

 

 

--

5


 

  Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.  

 

 

--

6


 

  Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:  

 

 

--

7


 

  Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.  

 

 

--

8


 

  In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van M‚riba. Sela.  

 

 

--

9


 

  Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!  

 

 

--

10


 

  Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.  

 

 

--

11


 

  Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.  

 

 

--

12


 

  Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.  

 

 

--

13


 

  Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.  

 

 

--

14


 

  Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!  

 

 

--

15


 

  Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.  

 

 

--

16


 

  Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar hulle tyd sou vir ewig wees. [ (Psalms 81:17) Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig. ]  

 

 

--

PSALMS 82

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: