Afrikaans Bible

PSALMS 83

PSALMS

Return to Index

Chapter 84

1


 

  Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.  

 

 

--

2


 

  Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!  

 

 

--

3


 

  My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.  

 

 

--

4


 

  Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!  

 

 

--

5


 

  Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.  

 

 

--

6


 

  Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.  

 

 

--

7


 

  As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.  

 

 

--

8


 

  Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.  

 

 

--

9


 

  HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.  

 

 

--

10


 

  o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.  

 

 

--

11


 

  Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.  

 

 

--

12


 

  Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ]  

 

 

--

PSALMS 85

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: