Afrikaans Bible

PSALMS 84

PSALMS

Return to Index

Chapter 85

1


 

  Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.  

 

 

--

2


 

  U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.  

 

 

--

3


 

  U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.  

 

 

--

4


 

  U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.  

 

 

--

5


 

  Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!  

 

 

--

6


 

  Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?  

 

 

--

7


 

  Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?  

 

 

--

8


 

  Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!  

 

 

--

9


 

  Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!  

 

 

--

10


 

  Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.  

 

 

--

11


 

  Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.  

 

 

--

12


 

  Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.  

 

 

--

13


 

  Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ]  

 

 

--

PSALMS 86

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: