Afrikaans Bible

PSALMS 89

PSALMS

Return to Index

Chapter 90

1


 

  'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.  

 

 

--

2


 

  Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.  

 

 

--

3


 

  U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!  

 

 

--

4


 

  Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.  

 

 

--

5


 

  Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:  

 

 

--

6


 

  in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.  

 

 

--

7


 

  Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.  

 

 

--

8


 

  U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.  

 

 

--

9


 

  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.  

 

 

--

10


 

  Die dae van ons jare -- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.  

 

 

--

11


 

  Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?  

 

 

--

12


 

  Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!  

 

 

--

13


 

  Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.  

 

 

--

14


 

  Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.  

 

 

--

15


 

  Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.  

 

 

--

16


 

  Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.  

 

 

--

17


 

  En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!  

 

 

--

PSALMS 91

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: