Afrikaans Bible

PSALMS 101

PSALMS

Return to Index

Chapter 102

1


 

  'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.  

 

 

--

2


 

  o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!  

 

 

--

3


 

  Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!  

 

 

--

4


 

  Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.  

 

 

--

5


 

  Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.  

 

 

--

6


 

  Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.  

 

 

--

7


 

  Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.  

 

 

--

8


 

  Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.  

 

 

--

9


 

  Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.  

 

 

--

10


 

  Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,  

 

 

--

11


 

  vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.  

 

 

--

12


 

  My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.  

 

 

--

13


 

  Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.  

 

 

--

14


 

  U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.  

 

 

--

15


 

  Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.  

 

 

--

16


 

  Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;  

 

 

--

17


 

  omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,  

 

 

--

18


 

  Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.  

 

 

--

19


 

  Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;  

 

 

--

20


 

  omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,  

 

 

--

21


 

  om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;  

 

 

--

22


 

  sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,  

 

 

--

23


 

  as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.  

 

 

--

24


 

  Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.  

 

 

--

25


 

  My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie -- u jare is van geslag tot geslag!  

 

 

--

26


 

  In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.  

 

 

--

27


 

  Hulle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.  

 

 

--

28


 

  Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. [ (Psalms 102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan. ]  

 

 

--

PSALMS 103

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: