Afrikaans Bible

PSALMS 103

PSALMS

Return to Index

Chapter 104

1


 

  Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed --  

 

 

--

2


 

  wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;  

 

 

--

3


 

  wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,  

 

 

--

4


 

  wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.  

 

 

--

5


 

  Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.  

 

 

--

6


 

  U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.  

 

 

--

7


 

  Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik --  

 

 

--

8


 

  berge het opgerys, laagtes het weggesak -- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.  

 

 

--

9


 

  'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.  

 

 

--

10


 

  Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.  

 

 

--

11


 

  Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.  

 

 

--

12


 

  By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.  

 

 

--

13


 

  Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.  

 

 

--

14


 

  Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,  

 

 

--

15


 

  en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.  

 

 

--

16


 

  Die bome van die HERE word versadig, die seders van die L¡banon wat Hy geplant het;  

 

 

--

17


 

  waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.  

 

 

--

18


 

  Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.  

 

 

--

19


 

  Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.  

 

 

--

20


 

  U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.  

 

 

--

21


 

  Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.  

 

 

--

22


 

  As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.  

 

 

--

23


 

  Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.  

 

 

--

24


 

  Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!  

 

 

--

25


 

  Daar is die see, groot en alkante toe wyd -- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.  

 

 

--

26


 

  Daar gaan die skepe en die Levi tan wat U geformeer het om daarin te speel.  

 

 

--

27


 

  Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.  

 

 

--

28


 

  U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.  

 

 

--

29


 

  U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.  

 

 

--

30


 

  U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.  

 

 

--

31


 

  Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,  

 

 

--

32


 

  Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.  

 

 

--

33


 

  Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.  

 

 

--

34


 

  Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ‚k sal bly wees in die HERE!  

 

 

--

35


 

  Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!  

 

 

--

PSALMS 105

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: