Afrikaans Bible

PSALMS 131

PSALMS

Return to Index

Chapter 132

1


 

  'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;  

 

 

--

2


 

  dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:  

 

 

--

3


 

  Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;  

 

 

--

4


 

  sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,  

 

 

--

5


 

  totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!  

 

 

--

6


 

  Kyk, ons het daarvan gehoor in frata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.  

 

 

--

7


 

  Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.  

 

 

--

8


 

  Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!  

 

 

--

9


 

  Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.  

 

 

--

10


 

  Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.  

 

 

--

11


 

  Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid Hy sal daarvan nie terugkom nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.  

 

 

--

12


 

  As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal hulle seuns ook vir ewig op jou troon sit.  

 

 

--

13


 

  Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:  

 

 

--

14


 

  Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.  

 

 

--

15


 

  Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;  

 

 

--

16


 

  en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.  

 

 

--

17


 

  Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.  

 

 

--

18


 

  Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.  

 

 

--

PSALMS 133

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: