Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 15

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 16

1


 

  Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.  

 

 

--

2


 

  Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.  

 

 

--

3


 

  Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.  

 

 

--

4


 

  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.  

 

 

--

5


 

  Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.  

 

 

--

6


 

  Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.  

 

 

--

7


 

  As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.  

 

 

--

8


 

  Liewer 'n bietjie met geregtigheid, as 'n menigte van inkomste met onreg.  

 

 

--

9


 

  Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.  

 

 

--

10


 

  Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.  

 

 

--

11


 

  'n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die HERE, al die weegstene in die sak is sy werk.  

 

 

--

12


 

  Dit is 'n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.  

 

 

--

13


 

  Die konings het behae in regverdige lippe, en hulle het hom lief wat regte dinge spreek.  

 

 

--

14


 

  Die grimmigheid van die koning is soos boodskappers van die dood, maar 'n wyse man bring dit tot bedaring.  

 

 

--

15


 

  In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.  

 

 

--

16


 

  Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.  

 

 

--

17


 

  Die gemaakte pad van die opregtes is om van die kwaad af te wyk; hy wat op sy wandel ag gee, bewaar sy lewe.  

 

 

--

18


 

  Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.  

 

 

--

19


 

  Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.  

 

 

--

20


 

  Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.  

 

 

--

21


 

  'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.  

 

 

--

22


 

  'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.  

 

 

--

23


 

  Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.  

 

 

--

24


 

  Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.  

 

 

--

25


 

  Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.  

 

 

--

26


 

  Die honger van die werksman arbei vir hom, want sy mond jaag hom aan.  

 

 

--

27


 

  'n Deugniet grawe 'n kuil van onheil, en op sy lippe is soos 'n brandende vuur.  

 

 

--

28


 

  'n Man van valse streke saai tweedrag, en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.  

 

 

--

29


 

  'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.  

 

 

--

30


 

  Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.  

 

 

--

31


 

  Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.  

 

 

--

32


 

  Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.  

 

 

--

33


 

  In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 17

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: