Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 18

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 19

1


 

  'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.  

 

 

--

2


 

  Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.  

 

 

--

3


 

  'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.  

 

 

--

4


 

  Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.  

 

 

--

5


 

  'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.  

 

 

--

6


 

  Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.  

 

 

--

7


 

  Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle!  

 

 

--

8


 

  Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.  

 

 

--

9


 

  'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.  

 

 

--

10


 

  Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!  

 

 

--

11


 

  Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.  

 

 

--

12


 

  Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.  

 

 

--

13


 

  'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.  

 

 

--

14


 

  Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.  

 

 

--

15


 

  Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.  

 

 

--

16


 

  Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weĆ« nie ag nie, sal sterwe.  

 

 

--

17


 

  Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.  

 

 

--

18


 

  Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.  

 

 

--

19


 

  Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.  

 

 

--

20


 

  Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.  

 

 

--

21


 

  Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.  

 

 

--

22


 

  Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.  

 

 

--

23


 

  Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.  

 

 

--

24


 

  Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.  

 

 

--

25


 

  Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.  

 

 

--

26


 

  Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.  

 

 

--

27


 

  Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.  

 

 

--

28


 

  'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.  

 

 

--

29


 

  Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 20

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: