Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 21

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 22

1


 

  'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.  

 

 

--

2


 

  Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.  

 

 

--

3


 

  'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.  

 

 

--

4


 

  Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.  

 

 

--

5


 

  Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.  

 

 

--

6


 

  Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.  

 

 

--

7


 

  Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.  

 

 

--

8


 

  Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.  

 

 

--

9


 

  Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.  

 

 

--

10


 

  Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.  

 

 

--

11


 

  Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is -- die koning is sy vriend.  

 

 

--

12


 

  Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.  

 

 

--

13


 

  Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!  

 

 

--

14


 

  Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.  

 

 

--

15


 

  As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.  

 

 

--

16


 

  Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.  

 

 

--

17


 

  Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.  

 

 

--

18


 

  Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.  

 

 

--

19


 

  Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.  

 

 

--

20


 

  Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,  

 

 

--

21


 

  om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?  

 

 

--

22


 

  Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.  

 

 

--

23


 

  Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.  

 

 

--

24


 

  Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,  

 

 

--

25


 

  sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.  

 

 

--

26


 

  Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.  

 

 

--

27


 

  As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?  

 

 

--

28


 

  Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.  

 

 

--

29


 

  Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk -- hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 23

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: