Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 22

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 23

1


 

  Sit jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat voor jou is,  

 

 

--

2


 

  en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.  

 

 

--

3


 

  Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.  

 

 

--

4


 

  Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.  

 

 

--

5


 

  Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!  

 

 

--

6


 

  Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.  

 

 

--

7


 

  Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.  

 

 

--

8


 

  Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.  

 

 

--

9


 

  Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.  

 

 

--

10


 

  Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.  

 

 

--

11


 

  Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.  

 

 

--

12


 

  Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.  

 

 

--

13


 

  Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.  

 

 

--

14


 

  Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.  

 

 

--

15


 

  My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.  

 

 

--

16


 

  En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.  

 

 

--

17


 

  Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.  

 

 

--

18


 

  Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.  

 

 

--

19


 

  Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.  

 

 

--

20


 

  Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.  

 

 

--

21


 

  Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.  

 

 

--

22


 

  Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.  

 

 

--

23


 

  Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.  

 

 

--

24


 

  Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.  

 

 

--

25


 

  Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.  

 

 

--

26


 

  My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.  

 

 

--

27


 

  Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.  

 

 

--

28


 

  Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.  

 

 

--

29


 

  By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?  

 

 

--

30


 

  By die wat l  t opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.  

 

 

--

31


 

  Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:  

 

 

--

32


 

  op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.  

 

 

--

33


 

  Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;  

 

 

--

34


 

  en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.  

 

 

--

35


 

  Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! [ (Proverbs 23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek. ]  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 24

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: