Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 24

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 25

1


 

  Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hisk¡a, die koning van Juda, versamel het.  

 

 

--

2


 

  Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.  

 

 

--

3


 

  Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.  

 

 

--

4


 

  Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;  

 

 

--

5


 

  verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.  

 

 

--

6


 

  Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.  

 

 

--

7


 

  Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! -- as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.  

 

 

--

8


 

  Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?  

 

 

--

9


 

  Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,  

 

 

--

10


 

  sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.  

 

 

--

11


 

  Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.  

 

 

--

12


 

  'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.  

 

 

--

13


 

  Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.  

 

 

--

14


 

  'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.  

 

 

--

15


 

  Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.  

 

 

--

16


 

  Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.  

 

 

--

17


 

  Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.  

 

 

--

18


 

  'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.  

 

 

--

19


 

  'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.  

 

 

--

20


 

  Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.  

 

 

--

21


 

  As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.  

 

 

--

22


 

  Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.  

 

 

--

23


 

  Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat -- kwaai gesigte.  

 

 

--

24


 

  Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.  

 

 

--

25


 

  Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.  

 

 

--

26


 

  'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.  

 

 

--

27


 

  Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.  

 

 

--

28


 

  'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 26

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: