Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 27

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 28

1


 

  Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.  

 

 

--

2


 

  Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.  

 

 

--

3


 

  'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.  

 

 

--

4


 

  Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.  

 

 

--

5


 

  Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.  

 

 

--

6


 

  Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.  

 

 

--

7


 

  Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.  

 

 

--

8


 

  Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.  

 

 

--

9


 

  Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.  

 

 

--

10


 

  Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.  

 

 

--

11


 

  'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.  

 

 

--

12


 

  As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.  

 

 

--

13


 

  Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.  

 

 

--

14


 

  Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.  

 

 

--

15


 

  'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.  

 

 

--

16


 

  'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.  

 

 

--

17


 

  'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.  

 

 

--

18


 

  Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.  

 

 

--

19


 

  Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.  

 

 

--

20


 

  'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.  

 

 

--

21


 

  Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.  

 

 

--

22


 

  'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.  

 

 

--

23


 

  Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.  

 

 

--

24


 

  Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! -- hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.  

 

 

--

25


 

  Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.  

 

 

--

26


 

  Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.  

 

 

--

27


 

  Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.  

 

 

--

28


 

  As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.  

 

 

--

SPREUKE VAN SALOMO 29

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: