Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 30

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 31

1


 

  Die woorde van L‚muël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:  

 

 

--

2


 

  Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?  

 

 

--

3


 

  Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.  

 

 

--

4


 

  Die konings, o L‚muël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;  

 

 

--

5


 

  anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.  

 

 

--

6


 

  Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.  

 

 

--

7


 

  Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.  

 

 

--

8


 

  Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.  

 

 

--

9


 

  Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.  

 

 

--

10


 

  Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.  

 

 

--

11


 

  Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.  

 

 

--

12


 

  Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.  

 

 

--

13


 

  Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.  

 

 

--

14


 

  He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar -- van ver af bring sy haar brood in.  

 

 

--

15


 

  Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.  

 

 

--

16


 

  Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.  

 

 

--

17


 

  Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.  

 

 

--

18


 

  Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.  

 

 

--

19


 

  Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.  

 

 

--

20


 

  Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.  

 

 

--

21


 

  Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.  

 

 

--

22


 

  Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.  

 

 

--

23


 

  Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.  

 

 

--

24


 

  Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.  

 

 

--

25


 

  Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.  

 

 

--

26


 

  Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.  

 

 

--

27


 

  Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.  

 

 

--

28


 

  Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:  

 

 

--

29


 

  Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.  

 

 

--

30


 

  Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.  

 

 

--

31


 

  Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.  

 

 

--

PREDIKER 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: