Afrikaans Bible

HOOGLIED VAN SALOMO 5

HOOGLIED VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 6

1


 

  Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?  

 

 

--

2


 

  My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.  

 

 

--

3


 

  Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne -- hy wat herder is onder die lelies.  

 

 

--

4


 

  Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.  

 

 

--

5


 

  Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van G¡lead afgolf.  

 

 

--

6


 

  U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.  

 

 

--

7


 

  U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.  

 

 

--

8


 

  Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.  

 

 

--

9


 

  Een, die is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:  

 

 

--

10


 

  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?  

 

 

--

11


 

  Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.  

 

 

--

12


 

  Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.  

 

 

--

13


 

  Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahan im.  

 

 

--

HOOGLIED VAN SALOMO 7

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: