Afrikaans Bible

HOOGLIED VAN SALOMO 7

HOOGLIED VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 8

1


 

  Ag, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.  

 

 

--

2


 

  Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.  

 

 

--

3


 

  Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.  

 

 

--

4


 

  Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?  

 

 

--

5


 

  Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.  

 

 

--

6


 

  Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE.  

 

 

--

7


 

  Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.  

 

 

--

8


 

  Ons het 'n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak die dag as sy gevra word?  

 

 

--

9


 

  As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerrand daarop bou, en as sy 'n deur is, sal ons dit met 'n sederplank toeslaan.  

 

 

--

10


 

  Ek is 'n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.  

 

 

--

11


 

  Salomo het 'n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.  

 

 

--

12


 

  My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en twee honderd vir die wat sy vrugte bewaak.  

 

 

--

13


 

  U wat in die tuine woon vriende luister na u stem; laat my dit hoor.  

 

 

--

14


 

  Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.  

 

 

--

JESAJA 1

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: