Afrikaans Bible

JESAJA 14

JESAJA

Return to Index

Chapter 15

1


 

  Godspraak oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!  

 

 

--

2


 

  Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Med‚ba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer.  

 

 

--

3


 

  Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.  

 

 

--

4


 

  Hesbon en Ele le skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab 'n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.  

 

 

--

5


 

  My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horon im laat hulle 'n geskreeu van verwoesting weerklink;  

 

 

--

6


 

  want die waters van Nimrim word 'n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.  

 

 

--

7


 

  Daarom gaan hulle die oorwins wat hulle gemaak het, en hulle voorraad, oor die Wilgerspruit dra.  

 

 

--

8


 

  Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.  

 

 

--

9


 

  Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor die van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.  

 

 

--

JESAJA 16

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: